Braai Wenner: Bruin Sampioene Gevul met Spinasie

Hierdie lekker gevulde bruin sampioene is ‘n wenner by ‘n braai.

Die resep maak 6 gevulde bruin sampioene!!

 

Bestanddele:

  • 6 groot bruin sampioene
  • 10 ml vars suurlemoen sap
  • Knoffelsout
  • Gedroogde, gemnge kruie
  • 200g vars spinasie (verwyder die harde wit stingels)
  • 150 ml lae vet melk
  • 10 ml meelblom
  • 5 ml mielieblom
  • 1 ml sout
  • 1 ml wit peper
  • 1 ml mostert poeier
  • 125ml gerasperde laer vet kaas

Metode:

1. Verhit die oond tot 180 °C.

2. Sit die sampioene met die stingel wat na bo wys in ‘n oond pan.

3. Geur na smaak met di suurlemoensap, knoffelsout, en gedroogde kruie.

4. Stoom die spinasie vir 10 minute sonder water tot byna gaar. Dreinaar.

5. Kook 100ml melk. Meng die meelblom, mielieblom, sout, peper en mostert poeier met 50 ml.

6. Roer die “paste” by die gekookte melk in. Roer en kook vir 1-2 minute tot die witsous dik en gaar is.

7. Roer helfte van die kaas by die witsous in en meng met die gekookte spinasie.

8. Verdeel die spinasie mengsel tussen die sampioene en sprinkel die oorbluwende kaas oor.

9. Bak tot sampioene gaar is.

 

Geniet dit saam met ‘n lekker braai vleisie en mengel slaai 🙂

 

 

 

2019-03-16T07:39:48+00:00 Weight Loss|0 Comments