Begin die dag reg met ONTBYT!!!!

Wêreldwyd, slaan omtrent 30% van kinders, adolessente en volwassenes ontbyt oor.

Ek is seker jy het al tot vervelens toe gehoor dat ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is. Die vraag wat almal seker vra is, maar hoekom is ontbyt so belangrik?

Belangrikheid van ‘n gebalanseerde, voedingswaardige ontbyt:

  • voorsien volhoubare energie

  • verbeter breinfunksie.

  • help om kosdrange te voorkom

  • gee jou metabolisme ‘n hupstoot wat weer gewigsverlies bevorder en beheer

  • affekteer ook gesondheid, vir die beter, oor die lang tydperk. Studies toon dat mense wat gereeld ontbyt eet se risiko verlaag om hartsiektes, diabetes en hoë bloeddruk te ontwikkel

Wat weerhou jou daarvan om die dag met ‘n behoorlike ontbyt te begin? Waarom slaan jy dan nou die belangrikste maaltyd van die dag oor?

Hier is die algemeenste verskonings hoekom mense ontbyt oorslaan en oplossings tot die verskonings:

1. Ek is nie honger so vroeg in die oggend nie: As jy elke oggend uit die bed uit opspring en die dag aanpak sonder om ontbyt te eet. Leer jy jou liggaam om nie honger te raak nie. Geniet eerder ‘n ligte ontbyt soos bv vrug en jogurt of vrugte smoothie. As jy gereeld ontbyt eet sal jou oggendaptyt begin terugkeer en jou liggaam sal jou mettertyd herhinner dat dit tyd is om ontbyt te eet.

2. Daar is net nie tyd in die oggend nie!! : Ek weet oggende is chaos veral om almal reg te kry in tyd, maar dit verg net ‘n bietjie beplanning en voorbereiding om ontbyt in te pas. Beplanning maak ontbyt vinnig en maklik. Beplan die week se ontbyt vooraf en maak seker dat alles in die huis is. Dit help ook om soveel ontbyt voorbereiding te doen as wat jy kan die aand voor die tyd. Sit alles reg wat jy kan vir ontbyt.

Fitness and healthy food lifestyle concept

3. Ek voel naar so vroeg in die oggend: Jy hoef nie ontbyt al te eet wanneer jou oë oopgaan in die oggend nie. Solank jy binne ‘n 2 ure nadat jy opgestaan het ontbyt eet. Jy hoef ook nie aan tafel te sit met ‘n groot bord “pap” nie, jy kan jou ontbyt inneem oor ‘n tydperk van 2 ure na wakker word. Byvoorbeeld jy kan 6 uur ‘n laevet yogurt inneem, 7 uur oppad werk toe jou vrug en ‘n snytjie lae GI grondboontjie botter broodjie 7:45 voor jy die dag amptelik begin by die werk.

4. Ek bly heeltyd honger as ek ontbyt eet: Dit is deesdae ‘n algemene verskynsel as gevolg van die hoogs vervynde ontbytgrane en kosse wat op die rakke beskikbaar is en wat mense eet.  Die verfynde ontbytgrane veroorsaak vinnige energie vrystelling en dat jy vinnig weer voel jy moet peusel aan iets. Die geheim is om ontbyt te kies wat stadig en geleidelik opgeneem sal word in die loop van die oggend. Voeg ‘n proteiene by ontbyt, dit help om jou vir langer vol voel.

5. Ek gaan gewig optel as ek ontbyt eet: Dit is ‘n wanpersepsie wat baie mense het. Daar is talle studies wat bewys dat mense wat gereeld ontbyt eet gewig eerder verloor as optel. Na ‘n lang nag rus het jou liggaam weer kos nodig om jou metabolisme aan die gang te kry. Die versnelling van jou metabolisme kan help om gewig af te skud. Mense wat ‘n gebalanseerde, voedingswaardige ontbyt eet kry ook minder kosdrange deur die dag, hulle is dan ook meer geneig om gesonder kos keuses te maak en porsiebeheer uit te oefen deur die dag.

Ontbyt is ook vreeslik belangrik vir kinders. Studies bewys dat kinders wat ontbyt eet doen beter op skool as die wat onbyt oorslaan. Ontbyt eet het ‘n onmiddelike, positiewe impak op kinders se kognitiewe funksie, veral geheue en konsentrasie. Ouers en versorgers moet onthou dat julle die rolmodelle is vir jou kind, as hulle sien dat jy as ouer nie ontbyt eet nie is hulle ook meer geneig om dieselfde roetine te volg.

So waarvoor wag jy!! Beplan jou ontbyt keuses vir die week. Maak dit gebalanseerd en lekker.

2019-01-06T16:52:23+00:00 Nutrition|0 Comments